1 Kronieke 27:6-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Hierdie Benaja was in beheer van Dawid se elite militêre groep bekend as die Dertig. Sy seun, Ammisabad, was sy hoofoffisier.

7. Asael, broer van Joab, was bevelvoerder van die vierde afdeling, wat die vierde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling. Asael is deur sy seun Sebadja opgevolg.

8. Samhut, die Jisragiet, was bevelvoerder van die vyfde afdeling, wat die vyfde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

9. Ira, seun van Ikkes van Tekoa, was bevelvoerder van die sesde afdeling, wat die sesde maand aan diens was. Daar was 24 000 soldate in sy afdeling.

1 Kronieke 27