1 Kronieke 27:29-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Sitrai van Saron was in beheer van die vee op die Saronvlakte.Safat, seun van Adlai, was verantwoordelik vir die vee in die vlaktes.

30. Obil, die Ismaeliet, was in beheer van die kamele.Jegdeja van Meronot was in beheer van die donkies.

31. Jasis, die Hagareër, was in beheer van die koning se kleinvee. Al hierdie amptenare was opsigters oor koning Dawid se eiendom.

32. Jonatan, Dawid se oom, was ’n wyse raadgewer vir die koning, ’n man van groot insig en ’n sekretaris. Jegiël, die Gakmoniet, was verantwoordelik vir die onderrig van die koning se seuns.

33. Agitofel was die koning se raadgewer. Gusai, die Arkiet, was die koning se vriend.

1 Kronieke 27