1 Kronieke 27:22-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Dan Asarel, seun van Jerogam.Hulle was die leiers van die stamme van Israel.

23. Toe Dawid die sensus opgeneem het, het hy nie mense getel wat jonger as twintig was nie omdat die Here belowe het dat Hy Israel soveel sal maak soos die sterre aan die hemel.

24. Joab, Seruja se seun, het met die sensus begin, maar dit nooit voltooi nie omdat die woede van God teen Israel ontbrand het. Die finale totale is nooit in koning Dawid se amptelike rekords aangeteken nie.

25. Asmawet, seun van Adiël, was in beheer van die tempel se skatkamers.Jonatan, seun van Ussia, was in beheer van die streke se skatkamers in al die dorpe, dorpies en vestings van Israel.

26. Esri, seun van Kelub, was in beheer van die arbeiders wat die koning se landerye bewerk het.

27. Simi van Rama was in beheer van die koning se wingerde.Sabdi van Sefam was verantwoordelik vir die druiwe en die voorsiening van wyn.

28. Baäl-Ganan van Geder was in beheer van die koning se olyfboorde en wildevyebome in die vlaktes van Juda.Joas was verantwoordelik vir die olyfolievoorrade.

29. Sitrai van Saron was in beheer van die vee op die Saronvlakte.Safat, seun van Adlai, was verantwoordelik vir die vee in die vlaktes.

30. Obil, die Ismaeliet, was in beheer van die kamele.Jegdeja van Meronot was in beheer van die donkies.

31. Jasis, die Hagareër, was in beheer van die koning se kleinvee. Al hierdie amptenare was opsigters oor koning Dawid se eiendom.

1 Kronieke 27