1 Kronieke 25:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dawid en die leërhoofde het mans uit die families van Asaf, Heman en Jedutun aangestel om God se boodskappe te verkondig terwyl daar op siters, harpe en simbale gespeel word. Hier is die lys van hulle name en hulle dienswerke:

2. Van die seuns van Asaf was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle het gewerk onder leiding van hulle pa, Asaf, wat God se boodskappe op bevel van die koning verkondig het.

3. Jedutun het ses seuns gehad: Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja. Hulle het onder leiding van hulle pa, Jedutun, gewerk wat God se boodskappe verkondig het terwyl die siter gespeel is, en dank en lof aan die Here geoffer is.

4. Heman se seuns was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle almal was die seuns van Heman, die koning se siener, want God het hom geëer met veertien seuns en drie dogters.

1 Kronieke 25