47. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.
48. Nog een van Kaleb se byvroue, Maäka, het geboorte gegee aan Seber en Tirgana.
49. Sy het ook geboorte gegee aan Saäf, die pa van Madmanna, en Sewa, die pa van Makbena en Giba. Kaleb het ook ’n dogter gehad met die naam Aksa.
50. Dit was die afstammelinge van Kaleb. Die seuns van Gur, die oudste seun van Kaleb se vrou Efrata, was Sobal, die pa van Kirjat-Jearim,
51. Salma, die pa van Betlehem, en Garef, die pa van Bet-Gader.
52. Die afstammelinge van Sobal, die pa van Kirjat-Jearim, was Reaja, helfte van Managat
53. en die families van Kirjat-Jearim, die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het die mense van Sora en Estaol voortgekom.
54. Die seuns van Salma was Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die helfte van Managat, die Soreërs
55. en die families van die skrywers wat in Jabes gewoon het, die Tirateërs, die Simateërs en die Sukateërs. Hulle was almal Keniete wat van Gammat, die pa van die familie van Rekab, afgestam het.