1 Kronieke 2:34-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. Sesan het geen seuns gehad nie, alhoewel hy dogters gehad het. Hy het ook ’n Egiptiese dienaar gehad met die naam Jarga.

35. Sesan het een van sy dogters aan Jarga as vrou gegee. Hulle het ’n seun met die naam Attai gehad.

36. Attai was die pa van Natan. Natan was die pa van Sabad.

37. Sabad was die pa van Eflal. Eflal was die pa van Obed.

1 Kronieke 2