1 Kronieke 2:26-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Jeragmeël het ’n tweede vrou gehad met die naam Atara. Sy was die ma van Onam.

27. Die seuns van Ram, die oudste seun van Jeragmeël, was Maäs, Jamin en Eker.

28. Die seuns van Onam was Sammai en Jada. Die seuns van Sammai was Nadab en Abisur.

29. Die seuns van Abisur en sy vrou Abihajil was Agban en Molid.

30. Die seuns van Nadab was Seled en Appajim. Seled is dood sonder kinders,

31. maar Appajim het ’n seun met die naam Jisi gehad. Die seun van Jisi was Sesan. Sesan se afstammeling was Aglai.

32. Sammai se broer Jada het twee seuns gehad, Jeter en Jonatan. Jeter is dood sonder kinders,

33. maar Jonatan het twee seuns gehad, Pelet en Sasa. Dit was die afstammelinge van Jeragmeël.

34. Sesan het geen seuns gehad nie, alhoewel hy dogters gehad het. Hy het ook ’n Egiptiese dienaar gehad met die naam Jarga.

35. Sesan het een van sy dogters aan Jarga as vrou gegee. Hulle het ’n seun met die naam Attai gehad.

36. Attai was die pa van Natan. Natan was die pa van Sabad.

1 Kronieke 2