1 Kronieke 2:22-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Segub was die pa van Jaïr, wat oor 23 stede in die land Gilead regeer het.

23. (Later het Gesur en Aram die dorpe van Jaïr, asook Kenat en sy 60 omliggende dorpies as buit geneem.) Hulle was almal afstammelinge van Makir, die pa van Gilead.

24. Kort ná Gesron se dood in die stad Kaleb-Efrata het sy vrou Abia geboorte gegee aan ’n seun wat Asgur genoem is. Hy was die pa van Tekoa.

25. Jeragmeël, die oudste seun van Gesron, se seuns was Ram, die oudste, gevolg deur Buna, Oren, Osem en Agija.

26. Jeragmeël het ’n tweede vrou gehad met die naam Atara. Sy was die ma van Onam.

27. Die seuns van Ram, die oudste seun van Jeragmeël, was Maäs, Jamin en Eker.

28. Die seuns van Onam was Sammai en Jada. Die seuns van Sammai was Nadab en Abisur.

29. Die seuns van Abisur en sy vrou Abihajil was Agban en Molid.

1 Kronieke 2