1 Kronieke 16:27-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Eer en heerskappy omring Hom,krag en vreugde is in sy woonplek.

28. Gee aan die Here, families van die volke,gee aan die Hereeer en krag.

29. Gee aan die Heredie eer wat Hom toekom!Bring jou offers en aanbid Hom.Aanbid die Herein sy heilige heerlikheid.

30. Laat die aarde voor Hom bewe.Die wêreld is gevestig en kan nie wankel nie.

31. Laat die hemel bly weesen die aarde juig!Sê vir die volke: Die Here is Koning.

32. Laat die see weergalm en alles daarin!Laat die veld bly wees en alles daarin!

33. Laat die bome van die bos jubel voor die Here!Want Hy kom om die aarde te oordeel.

34. Dank die Here, want Hy is goed!Sy troue liefde duur vir altyd.

35. Julle moet uitroep: “Red ons, God van ons heil!Versamel en red ons van die nasies, sodat ons u heilige Naam kan dank,sodat ons kan bly wees, en U kan prys!”

36. Prys die Here, die God van Israel, vir altyd en altyd!Al die mense het “Amen!” uitgeroep en die Here geprys.

37. Dawid het gereël dat Asaf en sy mede-Leviete gereeld voor die verbondsark van die Here diens doen soos elke dag vereis word.

38. Hierdie groep sluit ook Obed-Edom, seun van Jedutun, en Gosa en 68 ander Leviete in. Hulle was poortwagters.

39. Intussen het Dawid vir Sadok, die priester, en sy medepriesters by die tabernakel van die Here op die Gibeonhoogte gestasioneer.

40. Hulle het elke môre en aand die gereelde brandoffers aan die Here geoffer op die altaar wat daarvoor afgesonder is. Hulle het alles gedoen wat geskryf is in die bepalings wat die Here vir Israel gegee het.

41. Dawid het ook Heman, Jedutun en die ander aangestel wat uitgesoek is om dank aan die Here te bring, “want sy getroue liefde duur vir altyd!”

42. Hulle het hulle trompette, simbale en ander instrumente gebruik om lofliedere aan God te sing. Die seuns van Jedutun is as poortwagters aangestel.

43. Die hele volk het na hulle huise toe teruggegaan, en Dawid het teruggegaan om sy familie te seën.

1 Kronieke 16