1 Kronieke 16:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Dink oor die wonderswat Hy gedoen het,die wonderwerke en die oordelewat Hy uitgespreek het.

13. Kinders van Israel, God se kneg, afstammelinge van Jakob, God se verkore een!

14. Hy is die Here ons God.Sy heerskappy is oor die hele aarde.

15. Hy staan by sy verbond –sy belofte aan duisend geslagte.

16. Dit is sy verbondwat Hy met Abraham gesluit het,die eed wat Hy aan Isak gesweer het.

1 Kronieke 16