1 Kronieke 15:13-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Omdat julle Leviete nie die eerste keer die ark gedra het nie, het die woede van die Here ons God teen ons ontbrand. Ons het God nie gevra hoe om dit op die regte manier te verskuif nie.”

14. Die priesters en die Leviete het hulleself afgesonder sodat hulle die ark van die Here, die God van Israel, na Jerusalem kon bring.

15. Die Leviete het die ark van God met die drahoute op hulle skouers gedra, soos die Here vir Moses gesê het.

16. Dawid het die leiers van die Leviete beveel om ’n Levietekoor van sangers en musikante met harpe, siters en simbale aan te stel sodat hulle saam lofliedere kon sing.

17. Die Leviete het Heman, seun van Joël, Asaf, seun van Berekja, en Etan, seun van Kusaja uit die Merarigroep aangestel om die musikante te lei.

18. Die volgende manne is as hulle assistente aangewys: Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Benaja, Maäseja, Mattitja, Elifele, Mikneja asook die poortwagters Obed-Edom en Jeïel.

19. Heman, Asaf en Etan is gekies om met kopersimbale musiek te maak.

20. Sagaria, Jaäsiël, Semiramot, Jegiël, Unni, Eliab, Maäseja en Benaja het die liere gespeel.

21. Mattitja, Elifele, Mikneja, Obed-Edom, Jeïel en Asasja is gekies om met harpe te speel.

22. Kenanja, die leier van die Leviete, is as koorleier gekies omdat hy bekwaam was.

23. Berekja en Elkana is gekies om die ark te beskerm.

24. Sebanja, Josafat, Netanel, Amasai, Sagaria, Benaja en Eliëser, almal priesters, is gekies om die trompette te blaas terwyl hulle voor die ark van God uitloop. Obed-Edom en Jegija is gekies om die ark te beskerm.

1 Kronieke 15