1 Kronieke 14:4-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Dit is die name van Dawid se seuns wat in Jerusalem gebore is: Sima, Sobab, Natan, Salomo,

5. Jibgar, Elisua, Elpelet,

6. Noga, Nefeg, Jafia,

7. Elisama, Eljada en Elifelet.

8. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf is, het hulle al hulle magte gemobiliseer om Dawid te vang. Dawid het daarvan gehoor. Hy en sy manne het teen hulle uitgetrek.

9. Die Filistyne het aangekom in die Refaimdal en dit geplunder.

10. Dawid het God gevra: “Moet ek uitgaan en teen die Filistyne gaan veg? Sal U hulle aan my oorgee?” Die Here het geantwoord: “Ja, gaan voort! Ek gee hulle aan jou oor.”

11. Dawid en sy soldate het toe na Baäl-Perasim gegaan en die Filistyne daar verslaan. “God het dit gedoen!” het Dawid uitgeroep. “Hy het my gebruik om soos ’n watervloed deur my vyande te bars. Daarom is daardie plek Baäl-Perasim genoem, wat “die Here wat deurbars” beteken.

12. Die Filistyne het hul afgode daar gelos. Dawid het beveel dat dit met vuur verbrand moes word.

13. Maar na ’n ruk het die Filistyne teruggekom en die dal weer geplunder.

1 Kronieke 14