1 Kronieke 14:14-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Dawid het weereens vir God gevra wat hy moet doen. “Moenie hulle van voor af aanval nie,” het God geantwoord. “In plaas daarvan, trek agter hulle om en val hulle dan naby die balsembosse aan.

15. As jy die geluid hoor soos van voete wat marsjeer in die toppe van die balsembosse, val aan! Dit is vir jou die teken dat God voor jou uit gaan om die Filistyne plat te loop.”

16. Dawid het gedoen wat God hom beveel het. Hy het die Filistynse leër verslaan al die pad van Gibeon af tot by Geser.

17. Dawid het wêreldwyd beroemd geword. Die Here het gesorg dat al die nasies bang was vir Dawid.

1 Kronieke 14