1. Hiram, koning van Tirus, het boodskappers na Dawid toe gestuur en ook sederhout, messelaars en skrynwerkers om vir hom ’n paleis te bou.
2. Dawid het toe besef dat die Here hom as koning oor Israel aangestel het en sy koninkryk groot gemaak het ter wille van sy volk Israel.
3. Dawid het met meer vroue in Jerusalem getrou, en hy het baie seuns en dogters gehad.
4. Dit is die name van Dawid se seuns wat in Jerusalem gebore is: Sima, Sobab, Natan, Salomo,
5. Jibgar, Elisua, Elpelet,
6. Noga, Nefeg, Jafia,
7. Elisama, Eljada en Elifelet.
8. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf is, het hulle al hulle magte gemobiliseer om Dawid te vang. Dawid het daarvan gehoor. Hy en sy manne het teen hulle uitgetrek.