9. want hier staan nou ’n wye deur vir my oop en daar is baie mense wat op die evangelie reageer. Daar is egter ook baie teenstanders.
10. As Timoteus by julle aankom, help hom om met volle vrymoedigheid by julle op te tree. Hy doen die Here se werk, net soos ek.
11. Kyk dat niemand hom intimideer nie. En help hom om sy reis voorspoedig voort te sit op pad na my toe. Ek verwag hom saam met die ander broers.
12. Wat ons broer Apollos betref – ek het sterk by hom aangedring om saam met die ander broers na julle toe te kom, maar hy het glad nie kans gesien om nou te kom nie. Hy sal kom wanneer die tyd daarvoor reg is.
13. Wees waaksaam! Staan vas in wat julle glo! Wees moedig! Wees sterk!
14. Alles wat julle doen, moet in liefde geskied.
15. Julle weet dat Stefanas en sy huisgesin die eerste bekeerlinge in Suid-Griekeland was en dat hulle hulle lewe wy aan die diens van ander Christene. Ek vra julle ernstig
16. dat julle hulle sal respekteer en ander soos hulle wat met groot toewyding vir die Here werk.
17. Ek is so bly dat Stefanas, Fortunatus en Agaïkus hier aangekom het. Hulle het vergoed vir julle afwesigheid.
18. Hulle het my gees weer opgebeur, soos ook julle s’n. Respekteer mense soos hulle.
19. Die gemeentes hier in die provinsie Asië groet julle hartlik in die Here, saam met Akwila en Priscilla en al die ander gemeentelede wat in hulle huis bymekaarkom.
20. Al die broers en susters hier het my gevra om julle namens hulle te groet. Groet mekaar met die soen van Christelike liefde.