1 Korintiërs 11:26-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Want elke keer as julle hierdie brood eet en uit hierdie beker drink, verkondig julle die Here se dood totdat Hy terugkom.

27. As enigiemand dan op ’n onwaardige manier van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal daardie persoon skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here.

28. Dit is waarom julle julleself moet ondersoek voordat julle van die brood eet en uit die beker drink.

1 Korintiërs 11