37. Al tien waentjies was eenders en van dieselfde grootte, want elkeen is in dieselfde gietvorm gemaak.
38. Hiram het ook tien waskomme van brons gemaak, een vir elke waentjie. Elkeen was twee meter in deursnee en kon 880 liter hou.
39. Hy het vyf waentjies aan die suidekant van die tempel gesit en die ander vyf aan die noordekant. Die waterbak het hy by die suidoostelike hoek van die tempel gesit.
40. Verder het hy ook wasbakke, grawe en komme vir besprinkeling gemaak.So het Hiram alles voltooi wat koning Salomo aan hom opgedra het vir die bou van die tempel vir die Here. Dit was:
41. twee pilare, twee komvormige skywe bo-op die pilare, twee rye kettings rondom wat die kapitele versier het;
42. 400 granate wat aan die kettings van die kapitele gehang het (dit is twee rye granate vir elke ry kettings wat rondom die kapitele bo-op die pilare gehang het);
43. die tien waterwaentjies met hulle tien wasbakke;
44. die waterbak met die twaalf beeste daaronder;
45. die potte, grawe en komme vir besprinkeling.Al hierdie toebehore wat Hiram vir die tempel van die Here vir Salomo gemaak het, was van gepoleerde brons.
46. Die koning het dit van gepoleerde brons in kleivorms gegiet in die Jordaanvallei tussen Sukkot en Saretan.
47. Salomo het nie al hierdie toebehore geweeg nie, want daar was te veel van hulle. Die gewig van die brons kon nie bepaal word nie.
48. Salomo het ook al die toebehore van die tempel van die Here laat maak: die goue altaar en goue tafel vir die offerbrood;
49. die kan- delare van suiwer goud, vyf aan die suidekant en vyf aan die noordekant, voor die binneste heiligdom; die blomkelke, lampe en pithouers, alles van goud;
50. die bakke, skêre, en komme vir besprinkeling, panne en die vuurbakke, alles van suiwer goud; die skarniere aan die deure van die binneste vertrek, die Allerheiligste, en aan die deure van die voorste heiligdom − dit alles was van goud.