1 Konings 4:8-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Die name van die twaalf streekbestuurders was:Ben-Gur in die bergland van Efraim.

9. Ben-Deker in Makas, Saälbim,Bet-Semes en Elon-Bet-Ganan.

10. Ben-Gesed in Arubbot, insluitend Sokoen die hele Geferstreek.

11. Ben-Abinadab in die bergland van Dor.Hy was getroud met Tafat,een van Salomo se dogters.

12. Baäna seun van Agiludin Taänak en Megiddoen ook in Bet-San, wat grens aan Saretanonderkant Jisreël,vanaf Bet-Santot by Abel-Megolaen tot anderkant Jokmoam.

13. Ben-Geber in Ramot-Gilead,asook die tentdorpevan Jaïr seun van Manasse in Gilead,die Argobgebied van Basan,asook 60 ommuurde stede met poortgrendels van brons.

14. Aginadab seun van Iddo in Maganajim.

15. Agimaäs in Naftali. Hy was getroud met Basemat,’n ander dogter van Salomo.

16. Baäna seun van Gusaiin Aser en Alot.

17. Josafat seun van Paruag in Issaskar.

18. Simeï seun van Ela in Benjamin.

19. Geber seun van Uriin die Gileadstreekwaar Sihon koning wasvan die Amoriete,en Og die koning van Basan.Daar was net een bestuurder in hierdie streek.

20. Die inwoners van Juda en Israel was so baie soos die sand by die see. Hulle het genoeg gehad om te eet en te drink, en was gelukkig en tevrede.

21. Koning Salomo het regeer oor al die koninkryke vanaf die Eufraatrivier tot by die land van die Filistyne, en so ver suid as die grens van Egipte. Hierdie lande het belasting aan Salomo betaal en was aan hom onderdanig solank hy gelewe het.

22. Die daaglikse kosvoorraad vir Salomo se paleis was vyf ton fynmeel en tien ton broodmeel,

1 Konings 4