1 Konings 17:4-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Jy kan uit die spruit water drink en Ek sal die kraaie beveel om vir jou kos te bring.”

5. Elia het gemaak soos die Here hom beveel het en by Kritspruit anderkant die Jordaanrivier gaan wegkruip.

6. Die kraaie het soggens en saans vir hom brood en vleis gebring, en hy het water uit die spruit gedrink.

7. Na ’n tyd het die spruit egter opgedroog, want daar het geen reën in die opvanggebied geval nie.

8. Toe sê die Here vir Elia: “Gaan bly in die dorp Sarfat naby die stad Sidon. Daar woon ’n weduwee. Ek het aan haar opdrag gegee om vir jou te sorg.”

9. Elia het na Sarfat toe gegaan. By die poort van die dorp aangekom, sien hy ’n weduwee wat hout bymekaarmaak. Hy vra haar:

10. “Bring tog asseblief vir my ’n bietjie water om te drink!”

11. Terwyl sy wegloop om dit te gaan haal, roep hy agter haar aan: “Bring tog ook vir my ’n stukkie brood!”

1 Konings 17