1 Konings 15:31-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

31. Die ander gebeurtenisse tydens Nadab se regering en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Israel.

32. Daar was voortdurend oorlog tussen Asa en koning Baesa van Israel.

33. Baesa het in die derde regeringsjaar van koning Asa van Juda koning oor die hele Israel geword. Baesa het 24 jaar in Tirsa regeer.

1 Konings 15