1 Konings 15:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die agtiende regeringsjaar van Jerobeam seun van Nebat het Abia koning van Juda geword.

2. Hy het drie jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Maäka, dogter van Abisalom.

3. Hy het dieselfde sondes gepleeg as sy pa voor hom. Hy het nie die Here sy God met oorgawe gedien soos sy voorsaat Dawid nie.

1 Konings 15