1 Johannes 2:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige.

2. Hy is die versoeningsoffer vir ons sondes. Nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele mensdom.

3. En hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy opdragte gehoorsaam.

1 Johannes 2