Z'kharyah 12:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. In daardie dag,” verklaar יהוה, “sal Ek elke perd met verwarring slaan en sy ruiter met waansin, maar Ek sal waak oor die huis van Y’hudah terwyl Ek elke perd van die volke met blindheid slaan,

5. dan sal die families van Y’hudah in hulle verstand, wil en emosie sê: ‘Die inwoners van Yerushalayim is vir ons ’n sterk ondersteuning deur יהוה-Tzva’ot, hulle God.’

6. In daardie dag sal Ek die families van Y’hudah maak soos ’n pot met vuur tussen stukkies hout en ’n brandende fakkel onder gerwe, so sal hulle aan die regterkant en aan die linkerkant al die volke rondom verteer terwyl die inwoners van Yerushalayim weer op hulle eie plekke in Yerushalayim sal bly.

7. יהוה sal ook eerste die tente van Y’hudah red sodat die lof en eer van die huis van Dawid en die lof en eer van die inwoners van Yerushalayim nie opgelig sal word bo Y’hudah nie.

8. In daardie dag sal יהוה die inwoners van Yerushalayim verdedig en die swakkes onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid en die huis van Dawid sal wees soos God, soos die boodskapper van יהוה, voor hulle.

9. Ek sal in daardie dag begin om al die nasies wat teen Yerushalayim kom, te vernietig.Open 1:7

Z'kharyah 12