11. In daardie dag sal daar ’n groot rou wees in Yerushalayim, soos die rou van Hadad-Rimmon in die vlakte van Megiddo.
12. Die land sal rou, elke familie by homself; die familie van die huis van Dawid afsonderlik en hulle vroue afsonderlik; die familie van die huis van Natan afsonderlik en hulle vroue afsonderlik;
13. die familie van die huis van Levi afsonderlik en hulle vroue afsonderlik; die familie van Shim’i afsonderlik en hulle vroue afsonderlik.Mat 24:30
14. Al die ander families, elke familie afsonderlik en hulle vroue afsonderlik.