1. Die visioen van die boodskap van יהוה aangaande Yisra’el: so verklaar יהוה, wat die hemele uitstrek, die aarde se fondasies lê en die gees van die mens binne- in hom vorm:
2. “Let op, Ek gaan van Yerushalayim ’n beker maak wat gaan veroorsaak dat al die volke rondom slinger en wanneer die beleëring teen Yerushalayim is, sal dit ook teen Y’hudah wees.
3. Dit sal gebeur op daardie dag dat Ek Yerushalayim tot ’n baie swaar klip maak vir al die volke; almal wat dit optel, sal ernstig beseer word en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.