Z'kharyah 1:16-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. daarom, so sê יהוה: “Ek sal terugkom na Yerushalayim met liefdevolle omgee; My huis sal daarin gebou word,” verklaar יהוה-Tzva’ot, “en ’n maatband sal oor Yerushalayim uitgestrek word.”’

17. “Verkondig weer en sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot: “My stede sal weer oorloop met voorspoed en יהוה sal Tziyon weer vertroos en Yerushalayim weer kies.”’”

18. (2:1) Toe het ek my oë opgelig en gekyk en let op: vier horings.

19. (2:2) Toe sê ek vir die boodskapper wat met my gepraat het: “Wat is hierdie? Hy antwoord my: “Dit is die horings wat Y’hudah, Yisra’el en Yerushalayim verstrooi het.”

20. (2:3) Toe wys יהוה vir my vier vakmanne.

Z'kharyah 1