14. en Hy het die verkopers van beeste, skape, duiwe en die geldwisselaars wat daar sit, in die tempel gekry.
15. Hy het vir Homself ’n sweep van tou gemaak en almal uit die tempel uitgedryf; die skape en die beeste en die geldstukke van die wisselaars het Hy ook uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
16. Vir die duiweverkopers het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier uit; moenie die huis van My Vader ’n huis vir handeldryf maak nie.”Ps 69:10
17. Sy studentevolgelinge het egter onthou dat daar geskrywe is: “Die ywer vir U huis het My verteer.”
18. Hierop antwoord die Jode en sê vir Hom: “Watter wonderteken wys U vir ons dat U hierdie dinge doen?”
19. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek dit oprig.”
20. Die Jode sê vir Hom: “Ses en veertig jaar lank word aan hierdie tempel gewerk en U sal dit in drie dae oprig?”
21. Hy het dit gesê aangaande die Tempel van Sy liggaam
22. en nadat Hy uit die graf uit opgestaan het, het Sy studentevolgelinge onthou dat Hy dit vir hulle gesê het en hulle het die Skrif en die boodskap wat Yeshua gebring het, vertrou.
23. Terwyl Hy, tydens die fees van Pesag, in Yerushalayim gebly het, het baie in Sy Outoriteit en Karakter vertrou omdat hulle die wondertekens wat Hy doen, gesien het,
24. maar Yeshua self het húlle nie vertrou nie omdat Hy almal geken het