Yoganan 18:9-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. sodat die woord vervul sou word wat Hy gesê het: “Uit die wat U My gegee het, het Ek nie een verloor nie.”

10. Shim’on Kefa het ’n swaard gehad, dit uitgetrek en die slaaf van die hoofpriester geslaan en sy regteroor afgekap. Die naam van die slaaf was Melekh (Ar. Malka).

11. Hierop sê Yeshua vir Kefa: “Steek jou swaard in die skede. Sal Ek dan nie die beker, wat die Vader My gegee het, drink nie?”

Yoganan 18