Yoganan 17:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nadat Yeshua hierdie dinge gesê het, het Hy Sy oë na die hemel opgelig en gesê: “My Vader, die tyd het gekom. Bring eer en lof aan U Seun sodat U Seun U kan eer en loof,

2. soos U Hom outoriteit oor alle vlees gegee het sodat Hy aan alle vlees wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.

3. Dít is die ewige lewe: dat hulle U en Hom wat deur U gestuur is, Yeshua, Die Gesalfde Een, sal ken, want U alleen is die God van Waarheid.

4. Ek het U vereer en geloof op die aarde. Die dade wat U My gegee het om te doen, het Ek voltooi.Hand 3:13 met die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wat Ek by U gehad het voordat die heelal was.Yog 1:1; Kol 1:15

5. Nou, Vader, vereer en loof My in eenheid met Uself

6. Ek het U Outoriteit en Karakter openbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, U het hulle aan My gegee en hulle het U boodskap gehoorsaam.

7. Nou weet Ek dat alles wat U My gegee het, uit U Teenwoordigheid kom,

Yoganan 17