32. daarom, let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “dat dit nie langer Tofet of die vallei van Ben-Hinnom genoem word nie, maar Vallei van die Slagting, want hulle sal in Tofet begrawe omdat daar geen ander plek sal wees nie.Yeg 39:17-22
33. Die lyke van hierdie volk sal dien as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde en niemand sal hulle verskrik nie.
34. Dan sal Ek die stem van vreugde, die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid laat stil word vanuit die stede van Y’hudah en vanuit die strate van Yerushalayim, want die land sal ’n verlatenheid word.”