Yirmeyahu 45:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die boodskap wat Yirmeyahu, die profeet, aan Barukh, die seun van Neriyah, oorgedra het toe hy hierdie woorde uit die mond van Yirmeyahu in ’n boek geskrywe het, in die vierde jaar van Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah:

2. “So sê יהוה, die God van Yisra’el, aangaande jou, Barukh:

3. ‘Jy sê: “Wee my nou, want יהוה het smart by my pyn bygesit; ek is moeg van my gekreun en het geen rus gevind nie!”’

Yirmeyahu 45