1. Die woord wat van יהוה tot Yirmeyahu gekom het, nadat N’vuzar’adan, die bevelvoerder van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Ramah, toe hy hom in kettings geboei tussen al die gevangenes van Yerushalayim en Y’hudah in ballingskap weggevoer het na Bavel.
2. Die bevelvoerder van die lyfwag het vir Yirmeyahu gevat en vir hom gesê: “יהוה, jou God, het hierdie katastrofe oor hierdie plek belowe
3. en יהוה het dit laat kom en gedoen net soos Hy belowe het omdat julle gesondig het teen יהוה en nie geluister het na Sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom,