Yirmeyahu 31:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. So sê יהוה: “Die mense wat die swaard oorleef het, het onverdiende guns gevind in die wildernis toe Yisra’el gegaan het om sy rus te vind.”

3. יהוה het van ver af aan hom verskyn: “Ek het jou liefgehad met ’n ewige liefde; daarom het Ek jou nader getrek met liefdevolle goedheid.

4. Ek sal jou weer bou en jy sal herbou wees, o maagd van Yisra’el! Jy sal weer jou tamboeryne optel en gaan na die danse van die feesvierders.

5. Jy sal weer wingerde plant op die heuwels van Shomron; die planters sal plant en hulle geniet,

6. want die dag sal kom wanneer die wagters op die heuwels van Efrayim uitroep: ‘Staan op en laat ons opgaan na Tziyon, na יהוה, ons God,’”

7. want so sê יהוה: “Sing hardop uit vreugde vir Ya’akov en roep uit oor die hoofde van die nasies; verkondig dit, sing lofprysing en sê: ‘O יהוה, red U volk, wat oorgebly het van Yisra’el.’

Yirmeyahu 31