1. Die woord wat vanaf יהוה tot Yirmeyahu gekom het:
2. “So sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Skryf al die woorde wat Ek met jou gepraat het, in ’n boek neer,
3. want let op, daar kom dae,’ verklaar יהוה, ‘dat Ek die voorspoed van My volk Yisra’el en Y’hudah sal herstel.’ יהוה sê: ‘Ek sal hulle ook terugbring na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het en hulle sal dit besit.’”
4. Hierdie is die woorde wat יהוה gesê het aangaande Yisra’el en Y’hudah:
5. “So sê יהוה: ‘Ek het ’n klank van verskrikking gehoor; van vrees en daar is geen vrede nie!
6. Vra tog en kyk of ’n manspersoon geboorte kan gee? Waarom sien Ek elke man met sy hande op sy heupe soos ’n vrou in geboortepyn en waarom het alle gesigte bleek geword?
7. Wee, want daardie dag is groot, daar is geen ander soos dit nie en dit is die tyd van Ya’akov se benoudheid, maar hy sal daaruit gered word.
8. Dit sal gebeur op daardie dag,’ verklaar יהוה-Tzva’ot, ‘dat Ek die koning van Bavel se juk van hulle nek sal afbreek en hulle stroppe sal afskeur en vreemdelinge sal hul nie langer hulle slawe maak nie,
9. maar hulle sal יהוה, hulle God, dien en Dawid, hulle Koning, wat Ek vir hulle sal opwek.
10. Wees nie bevrees nie, o Ya’akov My kneg,’ verklaar יהוה ‘en moenie mismoedig wees nie, o Yisra’el, want let op, Ek sal jou red daar ver en jou nageslag uit die land van hulle gevangeskap en Ya’akov sal terugkom en stil en rustig wees en niemand sal hom bang maak nie,
11. want Ek is by jou,’ verklaar יהוה, ‘om jou te red, want Ek sal al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het volkome vernietig, maar vir jou sal Ek nie volkome vernietig nie, maar Ek sal jou regverdiglik tugtig en jou onder geen omstandighede ongestraf laat bly nie,’