6. Vat vroue en word die vaders van seuns en dogters en vat vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans sodat hulle geboorte kan gee aan seuns en dogters en vermenigvuldig daar en moenie verminder nie.Rom 13:1-6; 1 Tim 2:2
7. Soek die welstand van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggestuur het en bid daarvoor tot יהוה, want in sy welstand sal julle welstand hê,’
8. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: ‘Moenie dat julle profete en julle waarsêers wat tussen julle is, julle mislei nie en moenie luister na die drome wat hulle droom nie,
9. want hulle profeteer vir julle vals in My Naam (Karakter en Outoriteit); Ek het hulle nie gestuur nie,’ verklaar יהוה.2 Kro 36:21
10. So sê יהוה: ‘Wanneer sewentig jaar vir Bavel voltooi is, sal Ek julle besoek en My goeie boodskap aan julle vervul om julle na hierdie plek toe terug te bring,
11. want Ék weet watter planne Ek vir julle het,’ verklaar יהוה, ‘planne vir welvaart en nie van katastrofe nie, om vir julle ’n toekoms en ’n versekerde verwagting te gee,
12. dan sal julle My aanroep en kom en tot My bid en Ek sal na julle luister.
13. Julle sal My soek en vind as julle na My soek met julle hele verstand, wil en emosie.
14. Ek sal deur julle gevind word,’ verklaar יהוה; ‘Ek sal julle voorspoed herstel en julle versamel vanuit al die nasies en vanaf al die plekke waarheen Ek julle verdryf het,’ verklaar יהוה; ‘Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggestuur het.’
15. Omdat julle gesê het: ‘יהוה het vir ons profete opgewek in Bavel;’Yir 52:29,30
16. daarom, so sê יהוה aangaande die koning wat op die troon van Dawid sit en aangaande die hele volk wat in hierdie stad bly, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap gegaan het nie,Yir 24