Yirmeyahu 26:11-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Toe het die priesters en die profete met die amptenare en met die hele volk gepraat en gesê: “’n Doodsvonnis vir hierdie man, want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.”

12. Toe het Yirmeyahu met al die amptenare en met die hele volk gepraat en gesê: “יהוה het my gestuur om al die woorde wat julle gehoor het teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer.

13. Nou daarom, verander julle lewenswyses en julle dade en gehoorsaam die stem van יהוה, julle God en יהוה sal Sy gedagtes verander aangaande die onheil wat Hy teen julle aangekondig het,

14. maar ek, let op, ek is in julle hand; maak met my soos dit goed en reg is in julle oë.

Yirmeyahu 26