11. Hierdie hele land sal ’n verlatenheid en ’n verskrikking wees en hierdie nasies sal die koning van Bavel sewentig jaar lank dien.
12. Dan sal dit wees wanneer sewentig jaar voltooi is, Ek die koning van Bavel, daardie nasie en die land van die Kasdeërs vir hulle oortredinge sal straf,” verklaar יהוה “en Ek sal daarvan ’n ewige verlatenheid maak.
13. Ek sal oor daardie land al My woorde bring wat Ek daaroor aangekondig het, alles wat geskryf is in hierdie boek, wat Yirmeyahu geprofeteer het teen al die nasies,
14. want baie nasies en groot konings sal ook slawe van hulle maak en Ek sal hulle vergeld ooreenkomstig hul dade en volgens die werk van hul hande,’”Open 16:19
15. want so het יהוה, die God van Yisra’el, vir my gesê: “Neem hierdie beker van die wyn van toorn uit My hand en laat al die nasies na wie Ek jou stuur dit drink.
16. Hulle sal drink en slinger en rasend word weens die swaard wat Ek tussen hulle sal instuur.”
17. Toe het ek die beker uit die hand van יהוה gevat en al die volke na wie יהוה my gestuur het maak drink:
18. Yerushalayim en die stede van Y’hudah en sy konings en sy prinse, om van hulle ’n puinhoop te maak, ’n verskrikking, ’n bespotting en ’n vervloeking, soos dit vandag is;
19. Farao, koning van Mitzrayim, sy diensknegte, sy prinse en sy hele volk
20. en al die vreemde volke, al die konings van die land `Utz, al die konings van die land van die F’lishtyne, selfs Askelon, `Azah, `Ekron en die wat oorgebly het van Ashdod;
21. Edom, Mo’av en die seuns van `Ammon;
22. al die konings van Tzor, van Tzidon en die konings van die kuslande wat oorkant die see is
23. en D’dan, Teima, Buz en almal in die uiterste uithoeke
24. en al die konings van Arabië en al die konings van die vreemde mense wat in die woestyn bly
25. en al die konings van Zimri, al die konings van `Eilam en al die konings van die Mede
26. en al die konings van die noorde wat naby en ver is, die een met die ander en al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is en die koning van Sheshakh sal ná hulle drink.