Yirmeyahu 2:23-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. “Hoe kan jy sê: ‘Ek is nie onteer nie; ek het nie agter die Ba’als aan gegaan nie?’ Kyk na jou lewenswyse in die valleie en besef wat jy gedoen het! Jy is ’n jong kameelkoei wat haar stem verhef;

24. ’n wilde-donkie, gewoond aan die wildernis, wat in haar heftige begeerte die wind snuif in die tyd van haar hitte! Wie kan haar wegkeer? Almal wat haar soek, sal hulle nie vermoei nie; in haar maand sal hulle haar kry.

25. Jou voete is moeg, want hulle is nie beslaan nie en jou keel droog van die dors, maar jy het gesê: ‘Ek het sterk geword en is nie bereid om te erken en om te draai nie, want ek het vreemdes liefgehad en sal agter hulle aan loop.’

26. Soos ’n dief beskaamd staan as hy ontdek word, so is die huis van Yisra’el beskaamd; hulle, hulle konings, hulle prinse, hulle priesters en hulle profete,

27. wat vir ’n boom sê: ‘Jy is my vader’ en vir ’n klip: ‘Jy het geboorte gegee aan my,’ want hulle het hulle rug na My toe gedraai en nie die gesig nie, maar in die tyd van hulle moeilikheid sal hulle sê: ‘Staan op en red ons!’

28. Waar is jou gode wat jy vir jouself gemaak het? Laat hulle opstaan as hulle jou kan red in die tyd van jou moeilikheid, want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Y’hudah!

29. Waarom stry julle met My? Julle almal het teen My oortree,” verklaar יהוה.

30. “Tevergeefs het Ek julle seuns geslaan; hulle het geen tugtiging aanvaar nie; julle swaard het julle profete verslind soos ’n vernietigende leeu.

31. O geslag, gee ag op die woord van יהוה! Was Ek ’n Wildernis vir Yisra’el of ’n Land van dik duisternis? Waarom sê My volk: ‘Ons is vernederd, ons sal nie meer na U toe kom nie?’Yir 3:21

32. Kan ’n maagd haar versierings vergeet, of ’n bruid haar klere? Tog het My volk My dae sonder tal vergeet.

33. Hoe goed berei jy jou pad voor om liefde te soek! Let op, jy het ook boosheid geleer deur jou optrede.

34. Ook is daar aan jou hande die bloed gevind van die onskuldige armes. Ek het dit nie gevind deur hard te soek nie, want dit is onder elke boom.

35. Tog het jy steeds gesê: ‘Ek is onskuldig; Sy toorn sal sekerlik weggedraai word van my af.’ Let op, Ek sal in oordeel met jou gaan omdat jy sê: ‘Ek het nie gesondig nie.’

36. Hoekom loop jy so baie rond en verander jou pad? Jy sal ook deur Mitzrayim beskaamd gemaak word soos jy deur Ashur beskaamd gemaak is.

Yirmeyahu 2