16. Wat my betref, ek het U nie aangepor om boosheid te bring nie en ek het ook nie enige man se ongelukkige dag begeer nie; U weet self dat dit wat uit my lippe uitgegaan het, in U Teenwoordigheid was.
17. Moenie ’n verskrikking vir my wees nie; U is my Toevlug in die dag van rampe.
18. Laat die wat my vervolg beskaamd staan, maar laat my nie beskaamd word nie; laat hulle ontsteld wees, maar laat my nie ontsteld wees nie. Bring oor hulle ’n dag van rampe en vergruis hulle met ’n dubbele verwoesting.
19. So het יהוה vir my gesê: “Gaan staan in die publieke poort, waardeur die konings van Y’hudah in- en uitgaan, sowel as in al die poorte van Yerushalayim
20. en sê vir hulle: ‘Luister na die woord van יהוה, konings van Y’hudah, die hele Y’hudah en al die inwoners van Yerushalayim wat deur hierdie poorte ingaan:Neg 13:15-22
21. so sê יהוה: “Neem kennis vir julle eie onthalwe en dra geen vrag op die Shabbat nie en bring ook niks deur die poorte van Yerushalayim nie.
22. Julle mag ook geen vrag uit julle huise uitbring op die Shabbat of enige werk doen nie, maar hou die Shabbatdag afgesonderd, soos Ek julle vaders beveel het.”
23. Tog het hulle nie geluister nie en hulle oor nie gedraai nie, maar hul nekke styf gemaak om nie te luister of dissipline te aanvaar nie.
24. “Dit sal egter gebeur, as julle aandagtig na My luister,” verklaar יהוה, “om geen vrag deur die poorte van hierdie stad op die Shabbat in te bring nie, maar die Shabbatdag af te sonder deur géén werk daarop te doen nie,
25. dat konings en vorste deur die poorte van hierdie stad sal ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle prinse, die manne van Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim en hierdie stad sal vir ewig bewoon word.
26. Hulle sal inkom vanuit die stede van Y’hudah en uit die omstreke van Yerushalayim, uit die land van Binyamin, uit die Laagland, uit die heuwelagtige land en uit die Suidland, sal hulle brandoffers, offers, graanoffers, wierook en dankoffers bring na die huis van יהוה,2 Kon 25:9
27. maar as julle nie na My luister om die Shabbatdag af te sonder deur geen vrag te dra en deur die poorte van Yerushalayim in te kom op die Shabbatdag nie, sal Ek ’n vuur in sy poorte aansteek en dit sal die paleise van Yerushalayim verteer en nie uitgeblus word nie.”’”