Yirmeyahu 12:12-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Op al die kaal heuwels in die wildernis het vernietigers gekom, want ’n swaard van יהוה verteer van die een kant van die land tot die ander; daar is geen vrede vir enige iemand nie.

13. Hulle het koring gesaai en dorings gemaai; hulle het hulself uitgeput vir geen wins nie, maar wees beskaamd oor julle oes, vanweë die ernstige woede van יהוה.”

14. So sê יהוה: “Aangaande al My bose bure wat slaan na die erfenis wat Ek vir My volk Yisra’el gegee het: let op, Ek is op die punt om hulle vanuit hul land te ontwortel en sal die huis van Y’hudah tussen hulle uit ontwortel.

Yirmeyahu 12