22. Die grens het geloop tot by Tavor, Shagatzimah en Beit-Shemesh en hulle gebied eindig by die Yarden: sestien stede met hulle dorpe.
23. Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Yissakhar, volgens hulle families; die stede met hulle dorpe.
24. Die vyfde lot het op die stam van die seuns van Asher geval, volgens hulle families.
25. Hulle gebied was: Helkat, Hali, Beten, Akhshaf,
26. Allammelekh, `Am’ad en Mish’al en dit het weswaarts gekom tot by Karmel en tot by Shigor-Livnat.
27. Dit draai na die ooste, na Beit-Dagon en tot by Z’vulun en die Vallei van Yiftag-El, noordwaarts tot by Beit-`Emek en Ne’i’el; dan hou dit aan noord tot by Kavul,
28. `Evron, Regov, Hammon en Kanah tot so ver as Groot-Tzidon.
29. Die grens draai na Ramah en na die vestingstad Tzor; dan draai die grens na Hosah en eindig by die see, by die streek van Akhziv
30. `Ummah, Afek en Regov: twee en twintig stede met hulle dorpe.
31. Hierdie is die erfenis van die stam van die seuns van Asher, volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.
32. Die sesde lot het op die seuns van Naftali geval, vir die seuns van Naftali, volgens hulle families;
33. hulle grens was vanaf Helef, vanaf die eikeboom by Tza’ananim, Adami-Nekev en Yavne’el tot so ver as Lakkum en dit eindig by die Yarden.
34. Dan draai die grens weswaarts na Aznot-Tavor en loop daarvandaan aan na Hukkok en bereik Z’vulun in die suide en raak aan Asher in die weste en aan Y’hudah, na die ooste toe, by die Yarden.
35. Die versterkte stede is: Tziddim, Tzer, Hammat, Rakkat, Kinneret,
36. Adamah, Ramah, Hatzor,
37. Kedesh, Edre’i, `Ein-Hatzor,
38. Yir’on, Migdal-El, Horem, Beit-`Anat en Beit-Shemesh: negentien stede met hulle dorpe.
39. Dit is die erfenis van die stam van die seuns van Naftali, volgens hulle families; die stede met hulle dorpe.
40. Die sewende lot het geval op die stam van die seuns van Dan, volgens hulle families.