1. Nou, hierdie was die lot vir die stam van M’nasheh omdat hy die eersgeborene van Yosef was: Makhir, die eersgeborene van M’nasheh, die vader van Gil’ad, het omdat hy ’n krygsman was, Gil’ad en Bashan gekry;
2. so ook die res van die seuns van M’nasheh, volgens hulle families: vir die seuns van Avi’ezer, vir die seuns van Helek, vir die seuns van Asri’el, vir die seuns van Sh’khem, vir die seuns van Hefer en vir die seuns van Sh’mida; hierdie is die manlike kinders van M’nasheh, die seun van Yosef, volgens hulle families.