Y'hoshua 15:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die lot vir die stam van die seuns van Y’hudah, volgens hulle families, het geval vanaf teenaan die grens van Edom, suidwaarts na die wildernis van Tzin in die verre suide.

2. Hulle suidelike grens was vanaf die laer end van die Soutsee, vanaf die baai wat na die suide toe draai.

3. Dan loop dit suidwaarts na Ma’aleh-`Akrabbiem en aan na Tzin; dan gaan dit op, suid van Kadesh-Barnea, aan na Hetzron en loop op na Addar en draai na Karka toe;

Y'hoshua 15