Y'hoshua 13:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Y’hoshua was oud en gevorderd in jare toe יהוה vir hom gesê het: “Jy is oud en gevorderd in jare en ’n baie groot deel van die land bly oor om in besit te neem.

2. Dit is die land wat oorgebly het: al die landstreke van die F’lishtyne en van die G’shuriete,

3. vanaf Shigor, oos van Mitzrayim, tot by die grens van `Ekron na die noorde, wat as Kena’aniete gereken word; die vyf heersers van die F’lishtyne: dié van `Azah, van Ashdod, van Ashkelon, van Gat en van `Ekron; asook die `Aviete

4. na die suide; die hele land van die Kena’aniete en Me’arah wat aan die Tzidoniete behoort, so ver as Afek, tot by die grens van die Emoriete

5. en die land van die Givliete en die hele L’vanon aan die oostekant, van Ba’al-Gad af, onder die berg Hermon, so ver as die ingang na Hamat,

6. al die bewoners van die Bergland, van die L’vanon af so ver as Misrefot-Mayim, al die Tzidoniete: Ek self sal hulle voor die seuns van Yisra’el uit verdryf; verdeel dit net as erfdeel onder Yisra’el soos Ek jou beveel het.

Y'hoshua 13