Y'hoshua 1:4-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Vanaf die wildernis en hierdie L’vanon, selfs tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hittiete en so ver as die Groot See, waar die son ondergaan, sal julle grondgebied wees.Heb 13:5

5. Niemand sal voor jou kan staan, al die dae van jou lewe, nie; net soos Ek met Moshe was, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.

6. Wees onveranderlik sterk en dapper, want jy sal aan hierdie volk die land as besitting gee wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.Deut 31:7 Wees versigtig om te doen volgens die hele wet wat Moshe, My kneg, jou beveel het; moenie regs of links daarvan afdraai nie sodat jy sukses kan hê, waar jy ook al mag gaan.

7. Wees net onveranderlik sterk en baie dapper.Ps 1:2

8. Hierdie boek van die wet mag nie uit jou mond uitgaan nie, maar jy moet dit dag en nag bedink sodat jy versigtig kan wees om volgens alles wat daarin geskryf staan te doen, want dan sal jy jou paaie voorspoedig maak en dan sal jy sukses hê.Deut 31:8 waar jy ook al heengaan.”

9. Het Ek jou nie beveel nie? Wees onveranderlik sterk en dapper, moenie bewe of mismoedig wees nie, want יהוה, jou God, is met jou,

10. Toe het Y’hoshua aan die offisiere van die volk bevel gegee en gesê:

11. “Gaan deur die kamp en beveel die volk en sê: ‘Berei vir julle padkos voor, want binne drie dae moet julle deur hierdie Yarden trek om in te gaan om die land in besit te neem wat יהוה, julle God, aan julle gee, om dit in besit te neem.’”

12. Aan die Re’uveniete en Gadiete en die halwe stam van M’nasheh het Y’hoshua gesê:

13. “Onthou die woord wat Moshe, die kneg van יהוה, julle beveel het toe hy gesê het: ‘יהוה, julle God, gee aan julle rus en sal hierdie land aan julle gee.’

14. Julle vroue, julle kinders en julle vee moet in die land wat Moshe julle oorkant die Yarden gegee het, bly, maar julle, al die onverskrokke soldate, moet gewapend voor julle broers deurtrek en hulle help

15. totdat יהוה aan julle broers, soos aan julle, rus gee en hulle ook die land in besit neem wat יהוה, julle God, aan hulle gee; dan moet julle teruggaan na die land van julle besitting en dit as erfenis ontvang, die land wat Moshe, die kneg van יהוה, julle gegee het oorkant die Yarden, waar die son opkom.”

Y'hoshua 1