7. Daar sal geen einde wees aan die vermeerdering van Sy regering en van Sy vrede, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, nie; om dit te bevestig en dit in stand te hou met regverdigheid, onpartydige opregtheid, van toe af aan en vir ewig. Die ywer van יהוה-Tzva’ot sal dit uitvoer.
8. יהוה stuur ’n boodskap teen Ya’akov en dit val op Yisra’el.
9. Al die mense weet dit; Efrayim en die inwoners van Shomron, wat in trotsheid en arrogansie van verstand, wil en emosie verklaar:
10. “Die bakstene het geval, maar ons sal met gladde klip bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal hulle met seders vervang;”
11. daarom laat יהוה Retzin se teëstanders teen hulle opstaan en hits Hy hulle vyande aan:
12. die Arameërs van die ooste en die F’lishtyne van die weste; hulle verteer Yisra’el met gapende kake. Ondanks dit alles, draai Sy woede nie weg nie en is Sy hand steeds uitgestrek.