Yesha'yahu 66:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sê יהוה: “Die hemel is My troon en die aarde is My voetstoel.Hand 7:50 verklaar יהוה, “maar na hierdie een sal Ek kyk: na hom wat nederig is, berouvol van gees en wat My Woord respekvol vrees.

2. Want My hand het al hierdie dinge gemaak, so het dit alles ontstaan,”

3. Hy wat ’n bees slag is soos een wat ’n man doodslaan; hy wat ’n lam offer, soos hy wat ’n hond se nek breek; hy wat ’n graanoffer bring soos een wat varkbloed offer; hy wat wierook brand, is soos hy wat ’n afgod seën. Soos húlle hul eie paaie gekies het en hulle lewens ’n behae in hul verwerplikhede het,

4. so sal Ek hulle strawwe kies en dit wat hulle vrees oor hulle bring omdat Ek geroep het, maar niemand het geantwoord nie; Ek het gepraat, maar hulle het nie geluister nie; hulle het boos gedoen in My oë en gekies wat My nie behaag nie.”

5. Hoor die woord van יהוה, julle wat bewe voor Sy Woord! “Sê aan julle broers wat julle haat, wat julle uitsluit om My Naam (Karakater en Outoriteit) ontwil: ‘Laat יהוה geloof en geëer word.’ Wees vol vreugde in jou blydskap en hulle sal beskaamd staan!”

6. “’n Klank van oproer uit die stad, ’n stem vanaf die tempel. Die stem van יהוה wat Sy vyande beloon!

Yesha'yahu 66