Yesha'yahu 6:3-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Een het na ’n ander geroep en gesê: “Afgesonderd, afgesonderd, afgesonderd is יהוה-Tzva’ot. Die hele aarde is vol van Sy lof, eer en aanbidding!”

4. Die fondasies van die drumpels het gebewe deur die stem van hom wat uitgeroep het terwyl die tempel vol rook geword het.

5. Toe het ek gesê: “Wee my, ek is vernietig, want ek is ’n man van onrein lippe en ek woon onder ’n volk van onrein lippe, want my oë het die Koning, יהוה-Tzva’ot, gesien!”

6. Toe het een van die serafs na my toe gevlieg met ’n brandende kool in sy hand, wat hy met ’n tang van die altaar afgehaal het.

7. Hy het my mond aangeraak en gesê: “Let op, dit het jou lippe aangeraak en jou wetsoortreding is weggevat en jou sonde is vergewe.”

8. Toe hoor ek die stem van יהוה sê: “Wie sal Ek stuur en wie sal vir Ons gaan?” Toe antwoord ek: “Hier is ek, stuur my.”Deut 29:3,4; Yes 29:10; Yeg 12:2; Mar 4:10-12; Luk 8:10; Hand 28:26,27; Rom 11:8

9. Hy het gesê: “Gaan en sê vir hierdie volk: ‘Hou aan luister, maar begryp nie; hou aan kyk, maar verstaan nie.

Yesha'yahu 6