Yesha'yahu 59:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Let op, die hand van יהוה is nie te kort dat dit nie kan red nie en Sy oor is ook nie doof dat dit nie kan hoor nie,

2. maar julle boosheid het ’n skeiding gemaak tussen julle en julle God en julle sondes het Sy gesig vir julle verberg sodat Hy nie hoor nie,

3. want julle hande is onrein gemaak deur bloed en julle vingers met wetteloosheid; julle lippe het valsheid gepraat, julle tong mompel boosheid.

4. Niemand kla in onpartydige opregtheid aan en niemand pleit eerlik nie; hulle vertrou in verwarring en praat leuens; hulle raak swanger aan moeilikheid en gee geboorte aan wetteloosheid.

5. Hulle broei adder-eiers uit en weef spinnerakke; hy wat van hulle eiers eet, sterf en uit die wat stukkend gebreek word, breek ’n adder uit.Open 19:8

6. Hulle geweefdes sal nie klere word nie en hulle sal hulle ook nie met hulle werke toemaak nie; hulle werke is wettelose werke en ’n daad van geweld is in hulle hande.

7. Hulle voete hardloop na boosheid en is haastig om onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is bose gedagtes, verwoesting en vernietiging is op hulle hoofpaaie.

8. Hulle ken nie die pad van vrede nie en daar is geen regverdige oordeel in hulle spore nie; hulle maak hul paaie verdraaid, niemand wat daarop loop, ken vrede nie.Spr 1:16; Rom 3:15-17

9. Regverdige oordeel is daarom ver van ons af en onpartydige opregtheid haal ons nie in nie; ons hoop op lig, maar let op, duisternis; op helderheid, maar ons loop in donkerte.

10. Ons tas rond langs die muur soos blindes, ons tas rond soos die wat geen oë het nie; ons struikel op die middag soos in die skemeraand; ons is onder die gesondes soos dooie mense.

11. Ons brom almal soos bere en kla treurig soos duiwe; ons hoop op regverdige oordeel, maar daar is geen; op verlossing, dit is ver van ons af,

12. want ons oortredinge van die wet is vermenigvuldig voor U en ons sondes getuig teen ons, want ons wetsoortredinge is by ons en ons ken ons booshede:

Yesha'yahu 59