1. Bel het neergebuig, N’vo buig krom; hulle afgode is as vrag op die beeste gelaai. Die dinge wat julle dra, is swaar, ’n vrag vir die vermoeide diere.
2. Hulle buig krom, hulle het saam neergebuig; hulle kon die vrag nie red nie, maar het self in gevangeskap gegaan.
3. Luister na My, o huis van Ya’akov en almal wat oorgebly het van die huis van Yisra’el, julle wat deur My gedra is van die baarmoeder af, versorg van geboorte af;
4. selfs tot jou oudag is Ék dieselfde, tot jou grys jare sal Ek jou dra; Ék het dit gedoen en Ék sal jou dra en Ék sal jou red.
5. Tussen My en wie wil julle ’n ooreenkoms tref en My vergelyk dat ons eenders sal wees?
6. Hulle wat goud uit die geldsak skud en silwer afweeg met die weegskaal, huur ’n goudsmid en hy maak dit in ’n god; hulle buig neer; inderdaad aanbid hulle dit.